Search This Blog

Saturday 11 May 2019

Die Dao van Daan van der Walt - Lodewyk G du Plessis


Toe die eertydse Kalahari-boer Daan van der Walt 'n vertigo-aanval kry op besoek aan sy vervreemde seun in China, laai dié hom af by 'n monnikeklooster. Onder leiding van meester Yang moet Daan tai chi leer doen in 'n poging om sy balans te herstel. Maar daar is ook iets anders wat aan Daan vreet, iets wat hy van sy hart móét afkry voor hy die Weg na die hiernamaals kan vind. Dalk is dit tyd dat hy aan Magrieta, sy oorlede vrou, skryf en sê dat hy haar liefgehad het.

No comments: