Search This Blog

Thursday 10 March 2016

Vlam in die Sneeu - Francis Galloway


Op 29 April 1963 stuur die 30-jarige digter Ingrid Jonker 'n telegram aan Andre P. Brink. Sy bedank die 28-jarige skrywer vir blomme en 'n brief wat hy aan haar besorg het. In die meer as tweehonderd skrywes wat hierna tussen die twee volg, ontvou sekerlik die bekendste liefdesverhouding in die Afrikaanse literere geskiedenis. Jonker se finale brief aan Brink is gedateer 18 April 1965 – drie maande voordat sy die see in loop by Drieankerbaai. 'n Halfeeu later word lesers se verbeelding steeds aangegryp deur die hartstog van die teer, dikwels stormagtige verhouding. In Desember 2014, drie maande voor sy dood, het Andre P. Brink die liefdesbriewe tussen hom en Ingrid Jonker vir publikasie aangebied. Die briewe is nog nooit voorheen gepubliseer nie en sluit onbekende persoonlike foto’s in.

No comments: