Search This Blog

Friday 30 September 2016

Koors - Deon Meyer






Rapport sê: Die verhaal bly jou onthuts, verras en oorrompel. Die manier waarop die skrywer nooit die draad verloor nie, nooit die spanning laat verslap nie en oënskynlik moeiteloos landskappe, situasies en karakters optower. Dit alles terwyl die verhaal onstuitbaar voortstu. Die einde het niemand sien kom nie. Ek het absoluut geen kritiek te lewer nie, ek probeer nog om my bewondering te verteer.

Dis ’n inisiasie- en vormingsroman oor die dood van onskuld. Dis ’n verhaal oor die liefde in sy vele fasette en gedaantes. Die taal is soepel en gedienstig. Daar is niks oorbodig nie. Dis vaartbelyn, innoverend en briljant ontwerp. Die leser is ná die laaste bladsy nie meer dieselfde mens nie, soos dit hoort. Dis relevant en lewer ongesiens maatskaplike kommentaar. Dit preek nooit nie, gorrel nooit nie.

Koors pak jou beet en laat jou nie los voordat jy dit uitgesweet het en bewerig bly lê nie. Bravo!

No comments: