Search This Blog

Tuesday 19 May 2015

Ikarus - Deon Meyer




Maar nie in die Kaap van Storms nie. Op 17 Desember spoel die lyk van Ernst Richter oop in die duine anderkant Parklands — dié Ernst Richter, berugte Internet-entrepreneur, baas van die omstrede webwerf Alibi.co.za wat 'n maand gelede so onverklaarbaar en sensasioneel verdwyn het.


Niemand wil die saak hê nie. Nie die SAPS in Tableview of Stellenbosch nie, want hulle ken moeilikheid as hulle dit sien, baie dankie. Media-moeilikheid. Mannekrag-moeilikheid.


Druk van bo, binnegevegte, politiek en onoplosbare moord moeilikheid. Daarom gee hulle dit so graag aan vir die Valke.


Selfs onder normale omstandighede sou Bennie Griessel en Vaughn Cupido gesukkel het. Want by Alibi.co.za lieg almal soos tannetrekkers. En die lys van mense wat vir Ernst Richter baie graag met hul kaal hande sou wou verwurg, raak net langer.


Maar omstandighede is nie normaal nie. Want Griessel het weer aan die suip gegaan. En Cupido is verlief. Op een van die hoofverdagtes.


En op 24 Desember begin 'n jong wynboer bieg voor 'n advokaat in Kaapstad, wat die hele saak op sy kop keer.

No comments: